(South Africa : Verander Lokasie)

Samevatting

Indien u Lugvrag Verskepingsdienste binne, na of van die Verenigde State of Kanada aangekoop het van 1 Januarie 2000 tot 11 September 2006, kan u regte deur een of meer klasaksie skikkings aangetas word. U is 'n Klaslid indien u lugvrag verskepingsdienste aangekoop het, van ENIGE vragkarweier, vir verskeping binne, na of van die Verenigde State of Kanada. Dit sluit ook in dienste aangekoop deur vragversenders. Daar is afsonderlike skikkings in die Verenigde State en Kanada. U is miskien 'n Klaslid in beide skikkings.

Die skikkings sal regsgedinge in die Verenigde State en Kanada gedeeltelik oplos. In die regsgedinge beweer Eisers dat Deutsche Lufthansa AG, Lufthansa Cargo AG en Swiss International Air Lines Ltd. "Lufthansa", saam met veel ander lugvrag karweiers, saamgesweer het om die prys van lugvrag verskepingsdienste af te spreek in oortreding van V.S. antitrustwetgewing en Kanadese kompetisiewetgewing. As gevolg van hierdie beweerde gedrag, beweer Eisers dat hulle en die ander lede van die Klas meer betaal het vir Lugvrag Verskepingsdienste as wat hulle sou betaal het in die awesigheid van dié beweerde gedrag. Deur die Skikkingsooreenkoms met die Eisers aan te gaan, erken Lufthansa nie dat dit besig was met die onwettige gedrag soos in dié Aksie beweer nie en sou 'n aantal verwere aan die Eisers se beweerings indien sou die litigasie verder vorder. Nietemin, het Lufthansa ooreengekom om die skikkings aan te gaan om die onkoste, swaarhede en risiko van verdere litigasie te vermy, en om die twispunt met sy waardevolle besigheidskliënte stop te sit.

Om die eise teen dit op te los betreffende lugvrag verskeping binne, na, of van die Verenigde State, het Lufthansa ooreengekom om $85 miljoen vir geldige Klaslid eise te betaal en samewerking te verleen in die vervolging van eise teen die oorblywende Verweerders, wat nie deel vorm van die V.S. skikking. Om die eise teen Lufthansa betreffende lugvrag verskepingsdienste binne, na of van Kanada, het Lufthansa ooreengekom om $5,338,000 VSD te betaal aan 'n VSD Kanadese Fonds wat Kanadeseklas Regspraktisyn sal versoek om in trust te hou tot die toekomstige voordeel van die Kanadeseklasse.

HIERDIE INLIGTING IS SLEGS 'N SAMEVATTING. Vir verdere besonderhede, insluitende wie en wie nie 'n Klaslid is nie, die verdeling van die Skikkingsfomds en hoe om 'n eis in die V.S. Skikking in te dien, Klaslid keuses en spretye om op te tree, die plekke van Finale Goedkeuringsverhore, en ander belangrike inligting, raadpleeg asseblief die Kennisgewing.

MOET NIE DIE HOWE KONTAK NIE

BELANGRIKE KENNISGEWING: Die Hof het finale goedkeuring van die VSA-skikking verleen.

Die spertyd om uself uit te sluit van of kommentaar te lewer op of beswaar aan te teken teen die VSA- en Kanadese skikkings het verstryk.

Die spertyd vir die eisvorm het verstryk.

Belangrike Datums
Datum Saak-Verbonde Gebeurtenis
12 November 2008 Spertyd vir Uitsluiting (Posmerk Spertyd) in die V.S. en Kanadese Skikkings
12 November 2008 Spertyd vir Aantekening van Beswaar in die V.S. en Kanadese Skikkings
12 December 2008
om 11:30 vm.
Finale Goedkeuringsverhoor by die United States District Court, Eastern District of New York (Verenigde State Distrikhof, Oosterlikke Distrik van New York)
28 Januarie 2009
om 10:00 vm.
Finale Goedkeuringsverhoor by die Ontario Superior Court of Justice (Ontario Hooggeregshof van Justisie)
12 Februarie 2009 Eisvorm Posmerk Spertyd
27 Februarie 2009
om 10:00 vm.
Finale Goedkeuringsverhoor by die Supreme Court of British Columbia (Hooggeregshof van Brits-Columbia)
9-10 Maart 2009
om 09:00 vm.
Finale Goedkeuringsverhoor by die Québec Superior Court (Québec Hooggeregshof)